Genooi na die feesmaal.
In seisoene se instink om oorlewing
ontwaak die roepstem van ontkieming
beurend uit aardkors met mag en mening
waar grond versit word sonder toestemming.
Gehul in ʼn afwagtingsemosie
vir die vorming van nuwe verlusting
groet vrugontkieming son se lewensenergie
borduur in harmonie die geile florering.
Die bye word genooi na die feesmaal
met dank aan die wonder van die skepping
word die blomnektar ontleed vir die maal
transformeer die bye die nektar in heuning.
So is ʼn nuwe seisoen in wording
wat sy tyd afwag vir rypwording.
09/06/2013 om 16h30.
10 Kommentare
-
-
Viooltjie
Baie goed gedoen met hierdie sonnet, Arnold :-)
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek
-
Manna
Goed gedoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
een van jou ou werke maar dit bly pragtig