
GEPLOEG
Ek was n land onbewerk
vol onkruid nie gereed vir God se werk
die trekker van die lewe
het begin ploeg om die bloudissels te vergewe
n mosterdsaadjie is geplant
om as geloof te groei in n onkruid land
jare se geplant en oes
het verbittering en verwyte verwoes
God self het die trekker bestuur
my nooit alleen gelos nie Hy was hier
wat jy saai sal jy maai
dit wat jy oes sal jou dade verraai
wees versigtig met die sekel
dat jy nie oorhaastig oes dan is als vergete
alles het n plek en tyd
ploeg nog n keer
berei voor tyd sal leer
of jou oes wat in jou hart kom lê
elke dag se liefdeswoorde sê
@loret Zwarts
Brons gradering
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.