Jongste aktiwiteit:

GEROESTE KETTINGS

Roep die bosduiwe my
vanuit hul tak motelle in die bosveld
roes die stad se kettings om my enkels weg
en staan naak neutebome verlate
in boorde waar tyd se uurglas stil gaan staan het
en waterpype droog gebloei lê in die son

Die aandster lei my soos ‘n blinde
weg van die stad se swart gebrande kospot
tot by die stad se poorte
waar kettings afroes
en buite in die bosveld
ribbokke teen die sonkant van die heuwels staan

Ek krul in die maanlig tussen langgras op
vertroetel die kneusplekke op my enkels
met muti oggendsonstrale
wat soos herkou bokke oor die randjie aangestap kom
en ek opstaan en wegstap
waar geroeste kettings in die poeierstofpad lê…




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

6 Kommentare

  • Toom

    Altyd hardop lees. Hierdie een rol lekker oor die tong. Mooi. Dankie. GvT

  • Viooltjie

    Dis baie mooi. Goed :-)

  • Eduard Smith

    Net omdat hierdie vers van jou in die krit afdeling geplaas is, laat ek hiermee ´n uitgebreide mening: Ek sou die vers soos volg aanpas, en nie omdat hy enige slypwerk benodig nie, want ek dink dit is kragtig en mooi, maar om die beklemtoning van sekere gedeeltes aan te moedig: Roep die bosduiwe my vanuit hul takmotelle in die bosveld (takmotelle : een woord) roes die stad se kettings om my enkels weg en staan naak neutbome verlate (neutbome: onnodige dubbel meervoud) in boorde waar tyd se uurglas gestil is (woordverandering: woordekonomie) en waterpype droog gebloei lê in die son Die aandster lei my soos ‘n blinde weg van die swart gebrande kospot (stad se : uit stad word aangespreek vlg sin) tot by die stad se poort (poort: eerder enkelvoud) waar skerings afroes (ketting vervang: kettingdraad om herhaling te vermy) en buite in die bosveld ribbokke teen die sonkant van die heuwels staan Ek krul in die maanlig tussen langgras op vertroetel die kneusplekke op my enkels met oggendsonstraal as muti (woordorde) wat soos herkou-bokke oor die randjie aangestap kom: (koppel en dubbelpunt) ek staan op en stap weg (woordorde) vanwaar geroeste kettings in die poeierstofpad lê… waar - vanwaar) Louie, hierdie vers bly joune en jy kan die aanpassings maak of dit net so laat staan. Dit is jou prorogatief. Ek hou baie van hierdie vers wat keurig saamgestel is. Groete Eduard

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed