
GEVONNIS DEUR GEVOLGTREKKINGS
Dit het al met jou gebeur, ja met my ook. Die vonnis wat volstrek oor jou uitgelewer is deur gevolgtrekkings wat gemaak is uit skinderstorie , ego’s of pleinweg arrogansie.
Die storie is iewers deur n persoon sonder naam nes n hiëna oorgedra wat vinnig met sy pond vleis homself uit die voete maak.
Die gevolgtrekking groei nes n virus en vergiftig gedagtes en vertroue.
Hoekom het mense die vermoë om na iets onwaar te luister, maar kan nie na jou toe kom en direk vra wat die situasie is nie. ?
Dis een ding wat my warm onder die krag maak en ek skroom nie om mense tromp op te loop en te konfronteer dat die waarheid kan seëvier nie.
Hoekom hardloop n skinderstorie nes n veldbrand, ek sal jou sê. Nes die vuur voor hardloop om verwoesting te saai is n skinderstorie dieselfde. Dit hardloop vinnig voor die waarheid uit om n skare bymekaar te maak om dit verder te versprei.
Gevolgtrekkings is sekerlik n leuen en gevolgtrekking se familie. Ek glo hulle is aangetroude familie of dalk bloed broers met dieselfde agteraf grenslose vernietigende gene.
Kom ons rus ons toe om altyd die waarheid na te streef en ook op te staan vir die waarheid.
Die waarheid het meer opregte mense nodig as getuies om die leuen van satan te versmoor.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.