
GLIMLAG IN TRANE
As mens so stil sit en dink en nostalgies raak of net filosofeer oor die lewe. Kan ons tot die volgende slotsom kom. Mens sal altyd probleme van die een of ander aard het, maar ons moenie dat dit ons lewens so infiltreer dat jy vergeet om te lewe nie.
Ons leer lesse uit die keuses wat ons maak en natuurlik is jou lewe n potlood sonder n uitveer. Die beste is ons kan altyd weer probeer. Terwyl ons die lesse leer, weer op jou voete kom want jy moet sekere dinge regstel en dit neem verantwoordelikheid en opofferings moet ons nie vergeet om ons lewens te leef nie.
Erken die probleem en terwyl jy die oplossing soek en regstellings en opofferings maak, lewe.
Drink jou glas wyn vanaand luister na jou musiek doen die dinge wat jou gelukkig maak.
n Slegte besluit beinvloed jou lewe maar dit definieer nie wie jy is nie.
Ons almal maak foute en dit vat n mens met goeie karakter om sy foute te erken en besluite te neem wat dit sal regstel.
Geen probleem gaan oornag verdwyn nie, maar terwyl jy werk om nader aan die oplossing te kom voel die son op jou vel skyn. Geniet jou flikkerende kersie en maak die beste van n situasie. Gooi jou wyn in, speel rustige musiek of wees rustig luister na die nag geluide en weet God het jou lief en sal niks op jou pad laat kom wat Hy weet jy nie kan hanteer nie.
Ek wil vir jou Psalm 23 by die kers los vanaand, maar dink so daaraan. Jy het dalk probleme, maar dis nie nuus nie ons almal het. Jy stap nie alleen nie en jy hanteer ook nie jou probleme alleen nie. Hy sal n uitweg oor jou pad laat kom, Hy sal jou elke tree lei.
Laat jou oe glimlag en jou mond saamlag want jy weet in jou hard jou Skepper hou oor jou wag.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.