Godvrugtig
Liefling, ek is nie as fisoloof of
heilige in een persoon verenig nie
maar lees graag vir jou
harmoniese psalmodieë
uit my vrysinnige brevier
sodat jy mag ophou skooi
met shingle-haardrag
en skuinsgeknipte romp
en sigaretbeentjies vir duiwelskos
en weet dat God’s Woord
is van die suiwerste allooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.