Titel: groei
Deur Tearlach

–
langs twee voetspoor paadjie
groei daar droë fynbosse stil
wagtend op vog van die nag
–
teen rand van ‘n baai lê skulpe
wat gruis word onder die voete
uitwerpsels van die storm see
–
teen droë duin skor ‘n kolgans
bespied omgewing vir gevaar
daaglikse weiveld waar sy eet
–
agter wit sand duine se skerm
verskyn daar plate wit huisies
waar ou mense hul tuiste vind
–
oor dit alles waai winde woes
bring stories van verre lande
neem kennis van onse strand
–
takkie vir takkie vermeerder
die gedagtes en drome nou
groei ‘n storie uit sy potlood
–
©Teãrlach