groet
uit die oog – uit die hart
so vertel almal my in smart
hoe ver strek die liefdesband
hoe sterk die ėėnheid se hand
goël jou wysies heen en weer
kul jou net nog een keer
vergewe en vergete
slagweer se rant
donder en bliksem
weerklink sag vėr
agter naaste ster
van liefde is daar stiefte
wat styf en onbeweeglik sterk
hart se snare in droogheid verkramp
geen pasaangeër wat tik-tok
kan dit reël vir reël
laat herleef
of net
verweef
in strydende
leef
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.