Jongste aktiwiteit:

Gunsgenoot

Gunsgenoot

*

Stadig prut ek op die lewens-vuur

soos my boeretroos op die kampvuur

hier klets hardekool vlam in eie intonasie

aromaties bestuif jul saam die soel naglug

op my gevoelige tong kom lê jy sag en lig

¨

ek admireer jou warm syn in bitter of soet

of dit smorens of snags is, stil is jou geaardheid

hier neurie die windharp onder die stil Orion

my beste vriend in ongemak en verbete tyd

saam stap ons die pad van lot en voorspoed

¨

al verloor die herfs sy stryd teen die winterkou

in duske tyd harmonieer die nagtegaal akkoorde

ek en my boeretroos het ʼn akkoord om te hou.

*

©Arnold.

14 Junie 2024 om 15h35




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed