Haantjiepik.
Jou ledigheid is ʼn ander se leed
ongenooid, nooi jy jouself
na die maal wat so verskaal
om te toets of ek sou herhaal.
Met ʼn moed wat so baie keer faal
met ʼn mannemoed wat weer kom tot verhaal
om net weer jou geluk op proef te stel
om nog ʼn keer tot tien te tel.
So stel ek jou aan die kaak
wie die langste gaan probeer staak
aan daardie ongenooide feesmaal
wat ek nie wil gaan.
Die weiering aan jou aanbod
belowe jy die wêreld se geluk
sonder dat ek weet, het jy weer gekabaleer.
Wie kan so ʼn intrigant vertrou?
4 Kommentare
-
-
Anze
baie mooi gepen Arnold met n stewige les wat agter die woorde skuil
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Lekker verfrissend anders Arnold