Jongste aktiwiteit:

HANDJIES KLAP KOEKIES BAK

Handjies klap koekies bak
bring die meel nie te veel
klits die eiers gou-gou
lekker eet ons nou-nou…..
Wie onthou hierdie liedjie wat jy klein tyd gesing het en soos my twee kleinkinders hierbo gehelp het in die kombuis. Ek het my kinders se pogings gebak en tot groot vermaak het hul voor die stoof gesit en die deeg in die pan dop gehou.
Groot opgewondenheid het geheers as dit gaar en afgekoel is om n bietjie te versier. Kinders kan kreatief wees met n bietjie aanmoediging en later uit hul magies lag as hulle die kop of arm van die mannetjie eerste geeet het.
Om jou kinders lief te he en aandag te gee is nie bederf soos vandag se mense beweer nie. In my tyd van grootword asook die van my kinders was daar baie speel-speel geleer en het ons bitter min tyd voor die televisie of rekenaars spandeer.
Hoeveel van ons geniet nog die absolute kindwees sorgvrye dae. Ek dink dit is n era waarin legendes gebore is n tyd waar kinders nog kinders kon wees en buite kon speel dat jy hulle eers met die tuinslang moes afspuit voor hulle in die huis kon inkom.
Soveel het verander dat kinders ontneem is van kind wees. Hulle is beroof van dit wat n kind moes wees. Tegnologie het die driewiel en modderkoekies vervang. Videospeletjies het ouers se aandag en stimulering vervang asook duur geskenke alles behalwe pa en ma se tyd.
Tieners gaan soek aandag op die verkeerde plekke. Dwelms is volop verkrygbaar en geld is nie die probleem nie.
Waar is die tyd wat ons moes werk vir n sakgeldjie dan het jy dit nog gespaar vir dit wat jy graag wou he.
Jy het jou pligte in en om die huis gehad en so is jy geleer van basiese lewensvaardighede.
Dit tyd waarin ons kinders en kleinkinders grootword is donker tye en hulle word meer blootgestel en vir die tieners speel groepdruk en tegnologie n groot rol. Jy as ouer het nog n verantwoordelikheid om jou kind te beskerm teen die euwel van die era waarin hul groot moet word.
Kom ons leer ons kinders die basiese vaardigheid van die lewe en in die proses skep jy die fondasie waarop daai kind gaan bou.
Al is dit handjies klap en koekies bak dit word nooit oud nie. Dit leer nie net n kind n basiese vaardigheid en koordinasie nie dit is mos hope liefde gemeng met meel en klits daai eiers ouma. Maak dit n les en sing-sing maak ons herrinneringe en wie weet dalk word jou kind die nuwe master chef!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed