Hartseer dra ñ roos
Hartseer dra ’n roos
Oor berg en dal het sy spore hom gevat.
Plek-plek liefde gesaai, daar waar niemand ooit sou kon raai.
In sy hart bou hy ’n koninkryk, kasteel met ystermuur en beton. Hekke swaar en sterk, die ingaan is hier vir ander beperk.
In strate van hoop loop hy rond, dit is reeds leeg, almal is al weg.
Die rowers kyk na hom, staan vermom in omgee en trou.
Tog het hartseer al sy les geleer en stap verby. Met ’n rooi roos sou die persoon wat die ander sleutel van sy kasteel besit, hom hier in donker strate eendag sal kom vind.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.