Herfswandeling in die laat skemering.
In grasie staan my najaarsblom
gister kon ek sien
dat die dag lewe gehad
en die wolke rondgeskuif het
vandag lyk alles so kaal
so klam en tog nie so vaal
alles grou in oneindigheid
met ʼn hoë humiditeit
die reën daal sag en teer
om die gemoed te streel
wandel ons in die herfsjare
so staar ek na haar gebare
in grasie staan my najaarsblom
altyd bly jy my geliefde vrou.
02/07/2016 om 10h17
7 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig.
-
Koekekranka
Is ons manne maar Bybels gedoem om die vrou-geskep uit benede die rib- bo vrdienste aan te hang en bo verdienste te prys? Wel: "...If music be the food of love, play on...!" Welgedaan vriend!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
wat n pragtige ode aan sekerlik n wonderlike vrou