Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Herinneringe oor Pofadder

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 1 Desember 2018 Aantal woorde: 279 500 Kere gelees 24

Jou bordjie staan teen die pad,
Pofadder… verbleik en geroes,
pryk jou naam waar my siel by jou poorte moes
verkrummel het in jou voetloop se roep
en nie kon verouder in jou stofstrate van toe.

My oë kuier ‘n bietjie by die Pophuis verder op in Skool Straat
waar ou herinneringe dwaal tussen mure se stop
en Broer Jannie en Rentia se gisters nog praat,
met Kersliedjies wat nog by die kombuisdeur spook.

Verder op staan die ou Verdiepinghuis
met al sy stories van spoke en die se kruis
wat Pa se hout nie wou los en hul middernagtelike
baklei oor hul vonds en wie se buit.

Die Super Spaar in Voortrekker Straat
waar Tannie Maria gegroet het en kon praat
van die Von Wielligh se Handelshuis op die hoek
waar sy en Ma in hul jong dae kon kloek
oor hul jongmens lewe of was dit ‘n vloek?

Die Wickens winkel op die hoek
met alle snuiterye tot ‘n boek;
die motorhuis waar Pa se gisters hang
wat nou spinnerak gedagtes vang.

Die hospitaal in Springbok Straat
waar ons geboortes staan
en Dok Van Schalkwyk se naam
dekades terug kan praat.

Die huis skuins oorkant die Petoors
met sy buitetoilet en stoepstories
van Pa en Ma en ons en ons…

Die ou geboue is nog daar al verf hul anders
met hul stories en onthou’s wat brander
loop tussen die stof van toe en vergeet
van jongmense en hul skrander
môres wat nou kneukelwit kompleet

My dorp, my hart wat spook jy so by my
asof ‘n storie nooit vertel…?
En die wat kon is nie meer
om die hele verhaal weer te gee.

©Cornien Naudé




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    1 Desember 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 130
Kommentaar telling: 86

Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 364 gaste aanlyn

Bydraes – Argief