Het jy dit al beleef, wat jy nog nooit beleef het nie?
Van vêr af flits sy met straal
deursoek sy haar weg met draal
hoor ons haar geroep
sonder dat ons roep
al fluisterend sweef sy nader
al hoe vinniger al hoe kwater.
Donderend en rasend
blitsend en flitsend
sweepslag sy die Aarde.
Kom haar gemoed weer tot rus
stort sy haar traan met lus
want ons smag na haar traan
plant, dier en mens het amper vergaan.
Meer as mildelik kon ons oes
van haar geskenkte aalmoes
die Aarde weier die gif van die skenker
verwoed kom die agterryer water
verspoel hy sy metgesel
wat kruip oor klipgruis en opdrifsel.
Stry hul nou
wie die weg hou
styg die watervlak
met geen heenkome onder dak.
Stort die mens sy eie reën
al sy materiële dinge daarmee heen.
6 Februarie 2014.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Een van Arnold se ou pragwerke