Jongste aktiwiteit:

Hier lééf hulle Afrikaans

emand verwys onlangs terloops na Shaleen Surtie-Richards wat in Fiela se Kind gevra het hoe jy “die magistraat se m**r” gaan vertaal. ’n Engelssprekende vriend sê sy vier kinders praat Engels, maar die enkele kere dat hulle vir mekaar kwaad word, argumenteer hulle in Afrikaans.

’n Mens sou die afleiding kon maak dat ’n mens in Afrikaans behoorlik kan vloek. Dit is net die helfte van die waarheid. Die ander helfte is dat jy jou in jou dag-tot-dag wedervaringe beter kan uitdruk.

’n Kollega skerts onlangs oor die woord “huilwater”. By nadere ondersoek sou ons uitvind dat dit na iets of iemand wat “kookwater” is, verwys.

Nuwe Afrikaanse woorde word voortdurend by ons woordeskat gevoeg. Dat dit een van die jonger tale in die wêreld is, beteken beslis nie dat dit afgewater is nie. Al is dit net ’n handjievol mense wat dit praat én verstaan.

Van die nuwer woorde is giggelgras (dagga), glansgans (“celebrity”) en kieriekorting (korting vir pensioentrekkers). So ryk. So beskrywend. Tong-in-die-kies.

Een van die Noord-Kaap se kenmerke is dat Afrikaans volop is. Engelssprekende inwoners luister gedweë hoe ons in gebroke Engels sukkel en slaan dan meestal na ’n baie beter Afrikaans oor. Hier word nog van leunwaens en voorhakers gepraat. Dit is waarskynlik die enigste plek waar daar van klein volstruisies as halfstruisies gepraat word.

Die Noord-Kaap trotseer uitdagings wat anders is as die ander provinsies s’n. Om in hierdie klimaat van uiterstes te oorleef, moet jy stewig geanker staan. Werk is baie skaarser as daar waar groter stede is.

Hier praat die mense egter nie net Afrikaans nie.

Hier lééf hulle dit.

http://www.netwerk24.com/ZA/Noordkaap/Nuus/afrikaans-is-huilwater-nie-afgewater-20170124




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed