HIERDIE WINTER
verlang ek vroeg reeds
na jou somer
waar jy half kaal
uitgestrek lê in veld en vlaktes
en lafenis later latent
oor jou sal uitspan —
jy dan opspring in lewende lywe
bokspring saam met alles wat leef.
O, hoe verlang ek na jou somer.
MCDb.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.