Hoekom is dit geskryf?
Wie is daardie ek?
Wat soms ek selfs nie ken.
Hy leef in die skadu’s
wat net hy ken.
Daardie on/-bewuste
onbekende tweeling
met geen berou bewuste
verootmoedige temperament
venyn blits soos ʼn torment.
Net so vinnig dit vlam
word dit net so ook geblus
waar die eie ek —
die huil binne my
oor daardie eie tweeling
masker van my.
20 Nov 2013.
6 Kommentare
-
-
Meermin
Dink die meeste van ons het so tweeling. Goeie werk.
-
Amaspoke
Ons almal word iemand anders wanneer ons, ons skuiling verlaat om te gaan werk en dies meer . . . .
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ejk noem daardie onbekende tweeling van my handsome. Handsome is die een wat my knaend in die moeilikheid het he he. Pragtig geskryf Arnold