
Hoeveel van die
Hoeveel keer in vergane jare-
bakhand gedrink uit bergstroom
rou-voet gestap deur barre land
bloots op esel se rug geknyp
kosmos loop pluk in niemandsland
Hoeveel druppels soutsproei geproe
langs seewier strande geskulp
in half-son hand- in- hand gestap
herinner aan bederf- tye saam
met somer en lenteharte
wat liefde alom weer beaam
Hoeveel sakke sout saam gedeel
agter skaapkraalmuur op plaas
kamtig skelm soene gesteel
teen windpomp op met kind-vermaak
stuitig-speels geklim en geklouter
om bo te luister na sy kierie kraak
Hoeveel ure van bederf vol afgetik
wyl ons natuur en prag wyd indrink
sal daardie skitter-son ooit weer skyn
durf ons waag om wedloop te herhaal
gaan die skyn-blink in dof verdwyn
of samelewing-bederf ons laat faal
6 Kommentare
-
-
Anze
Pragtige gedig met die mooiste woordbeelde wat n groot seer verberg, die vraag van jou laaste strofe ... Water onder deur die brug waarmee die meul nooit weer sal maal nie ... Die probleem met die verlede is dat mens altyd net die mooi onthou die res vervaag tot jy weer deur dit moet leef...
-
neels
Ek dink carma en anze het alles gese oor hierdie pragwerk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
'n baie diep vraag wat jy stel in die laaste strofe, Evelyn. Sekere dinge moet mens baie ernstig oorweeg. Goed geskryf :-)