Hoop.
Tog, daar is soveel in hoop,
wat ons vertroos en bemoedig.
Hoop voed ons nuuskierigheid
dit is onmisbaar in die lewe.
Met erkentenis is daar altyd hoop
dit laat ons lewe vir dinge wat ons nie verstaan,
hier in die kortsigtigheid van ons bestaan.
Eendag sal hierdie hoop verander in aanskouing,
dan sal daar geen hoop meer nodig wees nie.
3 Julie 2014.
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Jou slotvers vat alles in 'n neutedop saam.
-
Anze
sonder hoop is daar geen drome en sonder drome geen toekoms.. baie mooi gepen
-
Koekekranka
Ja, hierdie vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, die bewys van die dinge wat ons nie sien nie word geloof genoem en inderdaad word ditEendag vervolmaak soos wat jy inderdaad konstateer... Geestelik filosofies my Vriend!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Mens vergeet hierdie ou juweeltjies en dit is goed om hulle weer te lees