Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Huis van swastikas

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 11 Junie 2021 Aantal woorde: 104 132 Kere gelees 2

Hier brand dit rooi
spervuur koelrond woorde deur ‘n hart
soldaat van haat, soldaat van haat
mantels van verraad

legion propagandeer jy, jy huis van haat
geloof soos ‘n SS soldaat
waar verlorenes hulself van die wêreld distansieer
en benyding van kleur arriveer

rooi wit en swart swastikas teen ‘n muur
stormtroepe van hul eie plesier;
skadus van ‘n jongman
in sy eie vrese gevang

daar is ‘n huis van bloed en wraak
‘n huis waar onrus lukraak
huis van swastikas,
somber is jy

vuiswapens in kreet
voetstampe oorlog gereed,
leef uit jou grendel venyn
van al jou vergete pyn

©Morné du preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 143
Kommentaar telling: 97

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 58 gaste aanlyn

Bydraes – Argief