IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 1
IMMUNITEIT en KWARANTYN
Deel 1
Tussen al die — meestal skrikwekkende – meldings oor die virus wat ons in die jongste tyd bereik, is eme wat my interreseer, wat belangrik is, maar waarvan ek veel te min lees of hoor: Dit gaan om ons imuunstelsel en wat ons kan doen om die stelsel fiks te hou vir die toekoms. Tussen al die ktakeel en gejammer oor ingeperk te wees, oor hoe gevaarlik alles is en hoe ongesond ons eintlik is; tussen al die roepe, „Ag, dis so vervelig.” „Wat kan ek doen?” „Het jy nie iets vir my nie?”„My selfoonbatterei is dood.” Dit gaan nie om hoe om die tyd om te kry, dood te slaan, hoe om die verveeldheid te verdryf nie. Ons voorouers het nie selfoon of fiets of ‘n skêr om ‘n nie-voorhande uitsnypop te maltreteer nie. Dit gaan om ‘n gesonde leefwys wat ons oor die rant met die skerp klippe gaan dra, as ons anderkant wil uitkom.
————–
Ons immuunstelsel is swak. Dis lankal bekend, en die redes daarvoor ook. Ons is so ongesond soos nog nooit in die geskiedenis nie. En nou kom hierdie siekte op wêrelsdskaal en eis as eerste offers diegene wat alreeds siek is, hulle wat die swakste, die siekste en die oudste is. En daarná almal wat so bietjie nie-so-siek-nie is. Wat ons lees en sien en hoor is nie geneig om ons gesonder te maak nie, maar eerder sieker, boonop psigies siek. En dis heelwat erger as liggaamlik onvanpas.
Hoe kan iemand beweer dat ons almal siek is? Almal?i1) Ons is nie imuun teen die normale siek-makende invloede om ons nie, dit wat oral op aarde in die lug sweef, wat ons inasem, op teenstande kleef wat ons met die hand aanvat en in ons mond prop. In ons liggaam is ‘n besondere afdeling of stelsel wat natuurlik keer dat sulke giwwe ons aanval. Ons het dit al van kind af aan. Ons noem dit ons naruutlike afweer teen die giwwe van die wêreld om ons. Dit maak ons immuun, onaangrypbaar deur kieme en bakterië. ‘n Eenvoudige voorbeeld van hoe dit werk: ‘n Bessie of uintjie wat ‘m kleinkind in die mond steek is bitter – die kind spoeg dit uit. Andersins: Dis nie bitter nie, die kind sluk dit in em wurg dit uit. ‘m Bietjie ingewikkelder is dit wanneer ons merk dat daar chemiese stowwe in ons liggaam is wat teen die gifstof veg as ons reeds begin het om dit te verteer. Waarlik ‘n fyn op-mekaar-afgestemde afweersisteem van anti-liggame wat by die geboort saamgelewer is! Daarmee gepaard gaan die sogenoemde leer-effek: Die kind weet later dat sulke bessies nie lekker proe nie, die ander bessies, ook blou, mag daarfteen geëet word; hierdie uintjies maak dat jy sleg voel, die andere is lekker. (So of soortgelyk kon ons voorvare, in die verre verlede, ons voedsel uitgekies het.) Dit is as eenvoudige voorbeeld gedag en nie naasteby ‘n volledige voedsel- of higiënekunde nie.
Tot in die buitenste uithoeke van ons moderne wêreld het die higiëne met al die dinge wat dit eis, deurgedring.
———–
Dit word uit verskeie hoeke beweer dat hierdie virus reeds lankal vootkom, maar dat die mense in die omgewing oor natuurlike weerstand daarteen beskik het — totdat die slimkoppe gekom het om te eksperimenteer. In ‘n mate soos by VTGS en Ebola.
Liggaamlike aangrypers: Aldus liggamlike weerstand. In die „beskaafde” wêrelddele het ons water en seep en skottels om die ergste gifstowwe te kan afwas; in ander dele het hulle nie eers suiwer water nie. Maar in ons geselskap, aan watter bevolkingsgroep ons okal mag behoort, kan ons die noodwendige basiese higiëne-reëls behartig. Dit beteken: Bly skoon, hou jou klerasie en behuising skoon en bied die „vyand” geen onverdedigde flank aan. Daartoe: Hou jou liggaam binne-in ook gesond deur goeie, vars groentes en vrugte te eet; sorg dat jy minstens ‘n uur of wat buite in die son verbring, beweeg jou lyf. Dit máák ons nie gesonder nie maar dit hou ons minstens so gesond soos ons nou al is. ‘n Ronde draf is ook nie sleg nie.
Dit was die liggaamlik afweer teen aangrypers. Hoe lyk dit by die psigiese, die sielsontwrigtings?
[Einde van Deel 1. Deel 2 volg binnekort.]
1) Kyk na my onlangse artikel op ink: JY MOET WEET WAT JY DOEN
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.