Jongste aktiwiteit:

IN DONKER GEHUL

(BRONS)

donker die nanag uur
waar onsekerheid
soos ’n ongewenste swangerskap
tot barstens toe
die lug vol hang
’n onbereikbare horison
êrens in die swart
die soeke na antwoorde
tevergeefs
soos om die Suidoos
in een asemteug
vas te vang
die begeerte na verstaan
wat uitloop op misoes
as bietjie dag
deur die duisternis breek

©HMellet2021




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed