In my eie sielsskag.
Dor alomswerwend alleen
in my eie sielswoestyn
moeisaam sleep ek my gemoed
niks meer om my te voed
oor dorre vlaktes van my siel
aan weerskante van my blik
verrys ʼn onafwendbare mirage
met elke oorlewingstonde in gevaar
geen voedsel vir die siel
net ʼn verbrokkelde siel vir die hoop
met weinig verwagting vir die gemoed
staar ek ʼn gewisse dood in die oë
tog glo ek nog in eie krag
hoopvol stuwend in eie sielskrag.
6 Kommentare
-
-
neels
Soos Anze sê pragfoto wat passend is by die werk
-
Janetta-Helena Boonzaaier
Arnold wat 'n hopelose sielswoestyn beskrywe jy nie en die mirage as metafoor vir 'n onafwendbare uiteinde, die dood, maar jy stu voort! 'n Baie goeie beskrywing van 'n donker sieletoestand met geen uitkoms in sig, net 'n mirage!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie mooi met n pragfoto wat daarby pas