In stille lewenswandel.
Ek in my eie kluisenaarsel
vasgevang in moedeloosheid
staan daar soos ʼn roos sonder blare
gestroop deur orkaan warrelwind
soos ʼn droë eentonige reën.
Smag plant en dier
vir ʼn uitkoms onder hitte guur
vertroue en hoop gegrendel
in stille lewenswandel
ek verlang niks anders
as net hoop…
6 Kommentare
-
-
Viooltjie
Hoop is dikwels die EEN ding wat 'n mens aan die gang hou. Goed geskryf :-)
-
neels
Die dag as n mens hoop verloor het het jy alles verloor
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig Arnold