Inheemse blom.
Aanloklik vir suikerbekkie
met die reuk van gemmer
gespikkel in poolligte
strome van vars geure.
So week jy jou siel
blommetjie van my buurt
met jou soete stem en kitaar
jou vingerafdrukke op my hart.
Blare van Hoop
stort jy ʼn liefdeslied
soete spel van jou harp
dis jou bloudruk.
Nostalgie in die môrestond
pryk jy vir ewig.
Vriendin van ons land
in ons nabyheid sonder afbreuk.
6/11/2014.
6 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig
-
Kiekies
Hoe mooi besing jy hierdie plant.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Dit is altyd net n plesier om jou gedigte te lees