Jongste aktiwiteit:

INK dig- en Skryfkompetisie 2022

INK GEDIGTEKOMPETISIE 2022

15 Februarie 2022 – 30 Junie 2022

Kom gee vlerke aan jou woorde!!!

 

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spog bloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 3, INKSPRAAK 3 JEUG, en INKSPRAAK 3 KORTVERHALE.

 

Die FAK (http://www.fak.org.za/), AfriForum (https://afriforum.co.za/), https://groep7.co.za/af/tuiste/ , Academy  Bushware, Taalmonument (Groen Galery) http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/  Soladariteit https://solidariteit.co.za/ Pharos https://www.pharosonline.co.za/ GROEP 7 http://www.groep7.co.za/ Afrikaans.com https://afrikaans.com/ en Historium Trust is  van ons hoofborge en die top wengedigte sal in 2023 in hulle tuin uitgestal word. Maroela Media https://maroelamedia.co.za/ Litnet https://www.litnet.co.za/ en FAK se Flinktydskrif gaan dan ook mediadekking gee aan die wenners.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.

Reëls:

1.Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Dit is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste te registreer. https://ink.org.za/registreer/

2.Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word. Geen inskrywings mag ook vir enige ander kompetisie gebruik word nie. Slegs nuwe en ongepubliseerde werk (dit sluit enige boek, blog of sosiale media in) mag ingeskryf word.

3.Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.

3.1        Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig. Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie).

3.2        Skoliere (Jeug) kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie. Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal). NB: Alle inskrywings van die Jeug gaan ook by die FAK voorgelê word vir die Afrikaanse ekspo. Ouers/Voogde moet dus toestemming gee dat die inskrywings wel met FAK gedeel mag word (inskrywing vir ekspo is gratis) Maak asb duidelik ‘n toestemmingsnota by ELKE inskrywing wat ook aan die FAK ekspo mag deelneem

3.3        Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies. (woordtelling: 1 000 tot 2 500 woorde per kortverhaal) Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal.

4.Inskrywingsgeld moet in die volgende rekening inbetaal word met die digter se naam en van as verwysing:

FNB – Modimolle

Ink in Afrikaans

Besigheidsrekening

Rekeningnommer: 625 885 95036

Takkode: 260 247

Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Hierdie jaar gaan ons slegs 1 afdeling gebruik vir die digters, naamlik Vry vers. Daar is dus geen voorskrifte of temas nie en elke digter kan sy/haar unieke stem uitbring in hulle gedigte (die hoeveelheid inskrywings is onbeperk). Alle inskrywings moet NUWE werk wees wat nog nooit op enige platform of ander publikasies (Facebook ingesluit) gepubliseer is nie. Gedigte/stories mag ook NIE vir ander kompetisies gebruik/voorgelê word nie.

5.Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees. Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap, soos die digter dit wil oordra, van toepassing is. Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.

6.Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie.

7.Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

–           Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink  Kompetisie 2022 + die digter se naam en van soos dit in die Bloemlesing moet verskyn.

–           Elke gedig moet van ‘n titel (in drukskrif/bold) voorsien word.

–           Font: Arial

–           Grote: 10.

–           Kleur: Swart op wit agtergrond.

–           Spasiëring: Enkel.

–           ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word.

–           Moenie elke versreël met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is.

–           Moenie foto’s of prentjies aanheg nie.

–           Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of                       term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.

–           EEN gedig per word.doc (AS jy dus meer as 1 inskrywing stuur, moet elkeen onder jou naam met die                     titel van jou gedig/storie gestoor word. BV: Sarie: Toorbos)

8.Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:

  • Die skrywer/digter se naam en van;
  • Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
  • Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter; en
  • Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.
  • Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Jeug/Skoliere / Gedigte of JEUG moet asb ook aandui of hulle werk wel vir die FAK ekspo aangestuur mag word.

(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)

 9.Beoordeling: 

– ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal, Francois Terblanche en ander insluit, sal die inskrywings beoordeel. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

10.Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.

11.Die prysgeld beloop soos volg:

Algehele Wenners:                                R4 000 + ’n trofee

Naaswenners:                                       R2,000 + sertifikaat

Derde plek wenners                               R1 000 + sertifikaat

Vierde plek wenners                               R500 + sertifikaat

Vyfde plek wenners                               R250 + sertifikaat

DAAR IS DUS ‘N TOTALE PRYSGELD VAN R30 000 OP DIE SPEL.

Daar gaan ook vir 4 DIGTERS/SKRYWERS ‘n publikasie van jou eie bundel deur Groep 7 op die spel wees, wat deur Groep 7 gekies gaan word.

PHAROS skenk ook ‘n geskenkpak aan 4 digters/skrywers.

12.Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word. Deelnemers gee ook toestemming dat hulle werk taalkundig geredigeer mag word vir publikasie. Elke deelnemer behou te alle tye kopiereg op sy/haar werk.

13.Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse, en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 3, sal tydens die jaarlikse INK gala-aand op 12 November 2022 (Venue sal later bekend gemaak word) in PTA geskied. Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.

14.Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2022. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.

15.Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Onthou inskrywings is onbeperk!

 

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Fanus Strydom het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak