Inmekaarpas, uitmekaarval.
Hoe onmeetbaar is die siel
soos die wye oseaan
in tydmaat opwelling
van eb en vloed
in tydloos geweef.
Dus ʼn perspektief wat nooit sterf
hoe meer intens die onbekende,
is die kans om myself te verbeur
in ʼn lewe van geen droom realisering.
ʼn Vloed wat my sal verslind
in ʼn tydsgewrigte verandering
van betowerende verskeidenheidsdinge,
van inmekaarpas, uitmekaarval.
Elke kuur en gier
elke vergesogte fantasie ontwikkeling
elke oënskynlike moderne bevredigingsillusie
sien ek as ʼn samehangende geheel
om dit te skep vir my tuiste.
Sal ek my eie wil volg
en eie wette bepaal?
So wil ek my wet
bó die wet van my Skepper stel.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Dit is hierdie wêreld se ondergang. Die mens het sy eie god geword en dit word genoem mense regte of humanisme. die eie ek is die belangrikste en tel God Almagtig se wil geensins meer nie