Is teerheid sterker as hartstog?
Daar is een wat ek bemin en beny
want alles is weer wonderbaar
met woorde so traag
soos ʼn gety wat nie meer voortbeur
nou ewe dof en sku so onvoorbereid
erken selfs ek my heerskappy se grens.
Watter geheim sal jy verlang,
dat die waagmoed magtiger is as selfvertroue
want elkeen aan wie dit verklaar
dat teerheid sterker is as hartstog?
Want niemand het soos jy,
jou vredesoë sag en grensloos hier gelaat
waar stille geheime van jou verborge innerlike
tot die onsigbare geheimenis wat nie wil breek.
4 Kommentare
-
-
Anze
hierdie is pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
soos altyd van die beste Arnold