Jou bekoring fassineer my.
Wie´s aan´t kom op vleuels van wending
in jou sprokies gewaad wit soos sneeu
verkyk ons aan jou karakter vervorming.
Soms is jy verlate in ʼn eensame wolk
in jou swerftog na ʼn volk
in grou humeure nie sonder vonk,
so raak jy buierig in ʼn enkel traan.
Wrywing tussen positief en negatief met gesig so vaal
gooi jou elektriese straal verwarring oral
bulderend, vir wie is jy nou kwaad?
Aanskou moederaarde in smaad.
Kom jou gemoed nooit tot bedaring
het jy berou aan skade so gelaat
hoor ons jou gehuil en fluistering
stort reën dat ons daarby kan baat.
So bly jy ons beste kameraad
teen die felle aanslag sonder verraad
in die ooreenkomsbelofte
jou kleurvolle reënboog sonder einde.
7 Kommentare
-
-
Anze
dis pragtig!
-
Amaspoke
So ook fassineer jou skrywe my. 'n Plesier om te lees
-
Evelyn van der Merwe
Goeie rymgebruik. Knap gedaan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Dit is n uitstaande werk hierdie Arnold