Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jou musiek

Deur Anria
Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 Aantal woorde: 121 1060 Kere gelees 18

My gebroke siel

( wat vol fyn krakies
wat gebreek
en halfhartig gelas –
wat haar beste probeer het
om heel voor te kom
maar steeds
in stukke was )

het geheg
die dag
die oomblik
toe ek jou
die eerste keer hoor sing het

– jou stem
die passie in jou stem
die voel
die verlange
die seer –

jou stem het my
(siel)
opgetel en elke stuk daarvan
tussen die sterre laat sweef
tot ek geweet het
die tyd
die oomblik
is nou.

Jy het –
jou stem het my
(siel)
stadig
sag
grasieus en geluidloos
laat neerdaal aarde toe

en elke stuk van my
(gebroke siel)
wat in die volgende een pas
het met jou elke noot

geheg.

 

(Anria © 24/02/2016)




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Viooltjie

    29 Maart 2016

    Ek hou van hierdie een, Anria. Musiek kan ‘n baie helende effek op ‘n mens hê, veral as dit voel of dit spesiaal net vir jou gemaak word ☺

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 59
Kommentaar telling: 76

Anria Breed is gebore in 1983 en woon tans in Brits. Sy het ’n Nasionale Sertifikaat N6 - Bestuursassistent Diploma met Besigheidsafrikaans. Haar kortverhaal, Die ou Beetle, het die aanlyn Vrouekeur kompetisie gewen in Februarie 2015. In Julie 2015 is drie van haar gedigte gepubliseer in Brose Genade, ’n bundel vir kanker-vegters. Sy het haar debuut digbundel, Volg net die Skoenlappers, in Augustus 2015 gepubliseer. In Januarie 2017 is een van haar gedigte in ’n Nederlandse tydskrif gepubliseer ter ere van die stigting van die nuwe gemeente, Meierijstad in Nederland. In Mei 2017 is haar gedig, Die mooi van die donker, gepubliseer in die digbundel Inkspraak.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 146 gaste aanlyn

Bydraes – Argief