Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jou naam word geskryf

Deur Evelyn van der Merwe
Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 Aantal woorde: 85 1125 Kere gelees 13

Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand
hoog teen die berg se skurwe wand
daar waar see weerkaats op die strand
trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom

Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas
waar reën dit nimmer af kan was
verf dit op lap met ‘n horingou kwas
repeteer dit dan harder hierdie keer

Vleg dit grof met ‘n groen mielieblaar
ploeg dit skeef met geroesde ploegskaar
griffel dit teen ou murasie pilaar
hurkend met die wete..als is vergete




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Louie

    4 Maart 2016

    Hierdie een kry regtig lewe voor my geestesoog… en ek hoop als bly nie vergete

  2. Desiréé

    4 Maart 2016

    Ek hou sommer BAIE hiervan

  3. neels

    4 Maart 2016

    Evelyn ek se nog altyd jy het n unieke talent en hierdie gedigte bewyys dit

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 98
Kommentaar telling: 479

Ek skryf om leeg te word van alledaagse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.  Dankie vir julle inloer en saamlees.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 112 gaste aanlyn

Bydraes – Argief