jou rotsbodem
jou rotsbodem
she was the prettiest hell I have ever been in; I didn’t mind burning at all – Matt Baker
wanneer my hart homself losruk,
sy eie paadjie strompel
teen rivierbeddings,
langs velde van laventel
en skreeuend die blou
van elke leë hand
deur die gange van my wees,
net enkeld alleen eggo…
en jou beeld
homself herhaal,
soos teen kranse weergalm
en ek, kwyn soos in droogte,
geteister deur die kort van jou water…
vind ek jou staan,
in ‘n oop erf,
met arms gestrek,
asof jy wag,
net vir my
om die rotsbodem te lê
©Anton Kilian
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Okatopi
Jy mag maar