Jou vroulikheid bly ʼn bekoring.
Dit klink sag en mooi,
wanneer ʼn vrou haar so ontplooi,
erken haar krag is in God geleë.
Gelouter in edelheid
deur die eeue tot in ons tyd,
broos soos ʼn roos
so mooi wanneer sy bloos.
Verwonder ek my aan haar grasie
geanker in haar generasie.
In fyn detail uitgekerf,
om haar wederhelf te bederf.
Ek verlang niks meer,
dis God wat regeer.
25/05/2014 om 8h00.
4 Kommentare
-
-
neels
Die vrou bly maar die kroon van die skepping
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtige ode aan n vrou