Jongste aktiwiteit:

Julie 2020 – Klanknabootsing (Onomatopee) projek – uitslae en kommentaar

Baie geluk aan hierdie 9 lede!
WENNERS
GEDIGTE:
BRONS: 1. No. 20 Annamarie vd Merwe met Nonnetjie
2. No. 16 Marlene Erasmus met Nuwe seisoen
3. No. 15 + No. 22 Marlene Erasmus met Rooi stewels & Cornien Naude met U stuur ‘’n lemoenduifie
SILWER: 1. No. 12 Amanda Meyer De Meillon met Droomland
2. No. 13 Morné du Preez met Doef-doef trokkie
3. Geen
GOUD: 1. No. 5 Carma Shaw met Kaap van storms
2. No. 19 Carma Shaw met Net na dagbreek het ek jou vers gelees
3. No. 21 Caren Kearley met Ek is –
GORREL:
1. No. 1 Ano met Nog net een keer, ek daag jou uit
2. No. 2 Marlene Erasmus met As geluide my irreteer
3. No. 3 Marlene Erasmus met Die horrie-piep aanval
RUBRIEKE:
1. No. 1 Ano met Vêr weg van die stad se geraas
2. No. 2 Marlene Erasmus met Musiek in my ore
3. Geen
ARTIKELS:
1. No. 1 Ano met Geraas in die agtergrond
2. Geen
3. Geen
VERHALE:
1. No. 4 Riaan Palmer met Tannie Tokkie Toeter en die lykswa
2. No. 3 Amanda Meyer De Meillon met Saartjie se loadsedding
3. No. 2 Riaan Palmer met Ouma en Blik Bettie

KOMMENTAAR
Gedigte
Brons

3. Die oseaan
Blymoedig, gaaf, gesellig ens. is maar ‘n paar van die sinonieme vir joviaal waaraan ek kan dink. Dit saam met baljaar en waaghalsig is nie werklik hoe ek die teenwoordigheid van skepe op die see sou wou beskryf nie. In die geval van personifikasie kon dit deug maar dit is duidelik nie jou doel met die gebruik daarvan nie. Die vers is interessant, en maak mooi gebruik van klanknabootsing. Ek dink die vers kon baat met funksionele koppel- en lidwoorde. Dit sal help om die kriptiese leeseffek te versag. Jy het die opdrag nietemin behoorlik verstaan en bemeester.

4. boer
Die vers wil so effe aan die limiriek genre herinner. Ek dink dit is lig en oulik. Onthou as jy woorde, en in hierdie geval klanke wil koppel gebruik die kort koppelteken en nie die lang aandagstreep nie. Daar behoort ook nie spasies voor en na die koppelteken te wees nie, nl. burp-burp, slurp-slurp ens.
Kort en kragtig en geslaagd.

9. Winterwals (2)
Jy het die klanknabootsing mooi gebruik in jou gedig. Ek voel daar is plekke in jou vers waar jou woordkeuse slegs so aangewend is om ‘n rympatroon te bewerk sonder dat dit werklik bydrae tot die gedig. Een voorbeeld: “reën wat neerveer” ? Dit mag dalk vir jou dui op sagte reën, maar dit klink vir my geforseerd. Jou vers sluit ook effe stomp en sou baat met ‘n goeie ruspose voor die laaste sin.

10. Geloofsboom
Jy het geen onomatope in jou vers gebruik nie. Ek kan jou vers dus nie evalueer nie.

14. Terapeuties
Jou vers begin vir my verwarrend:
“Die voël is my boom
op ñ palmtak…”
Is jou boom? Op ‘n palmtak? Is dit in die boom, en is die boom ‘n palmboom? Verstaan jy? Ek maak nie sin van die eerste twee sinne nie. Verder, die gebruik vaan kittelorige as ‘n beskrywing van jou hart wat dan deur ‘n emosie van blydskap beskryf word verwar my ook. Kittelorig beteken liggeraak en opvlieënd. Kan dit met mekaar in verband gebring word? Jy het totale digterlike Vryheid, maar bowenal moet dit sin maak. Miskien verstaan ek jou bedoeling hier verkeerd. Die gebruik van “oorreis” om die daad van jou oë wat opgehef word verwar my ook. Dit klink asof ek werklik verward is met die lees van jou vers, maar dit is nie geheel die waarheid nie. Die gedig in die algemeen is lieflik, en jy het aan die opdrag gehoor gegee, ten spyte daarvan dat ek op plekke klei getrap het.

15. Rooi stewels
Jy het ‘n lieflike vers geskryf wat heerlik ritmies lees. Ek het dit werklik geniet en wil net een voorstel maak. ‘n Aanpassing in jou woordorde in die laaste sin sal ‘n geweldige impak hê op die klimaks van jou vers. Ek stel so voor: “dankbaar in modderpoele dans”. Dit lyk na ‘n baie klein verandering maar dit maak ‘n grootse verskil aan die sluiting van jou vers. Doen jouself die guns en lees albei die weergawes en sien hoe anders dit werklik klink. Baie dankie vir jou deelname. Dit is ‘n besonderse vers.

16. Nuwe seisoen
Dit is ‘n heerlike ritmiese vers wat besonders lekker lees. Die natuurbeelde en klanke is so sintuiglik dat die leser amper daaraan kan deel. Jy het jou besonders geod gekwyt van jou taak en ‘n geslaagde vers aangebied. Welgedaan.

17. Klanke
Dit is ‘n kragtoertjie. Ek wonder net of kris kras (jou poging tot klanknabootsing) werklik geslaagd is? Ek gee jou egter die voordeel van die tywfel en aanvaar dit as genoegsaam en voldoende. Die vers is kort en bondig maar sê veel meer as eerste oogopslag. Welgedaan.

18. Heerlike dag by die see
Ek is werklik verward deur die laaste strofe van jou vers. Nie alleen staan dit loodreg in teenstelling met jou titel nie, maar pas ook geheel nie in die res van die gedig nie. Daar behoort veel beter ontwikkeling te gebeur sodat die leser sal verstaan waarom die skrywer hierdie rigting ingeslaan het. Daar is ook nie enige klanknabootsing in jou vers nie. Ek gaan ter wille van regverdigheid nie hierdie vers evalueer nie.

20. Nonnetjie
Jy het die gedig slim beplan en uitgevoer. Net toe die leser dink jy het nie gehoor gegee aan die opdrag nie, eindig die vers briljant. Nie alleen is dit onomatopee nie, maar word ook ‘n vraag wat die gedig ooplaat vir interpretasie en ‘n hunkering om die retoriese te beantwoord. Pragtige en slim vers. Welgedaan.

22. U stuur ‘n lemoenduifie
Die vers spreek ‘n menslike kondisie sterk aan…ons soek soms die skoonheid hoog in die boom terwyl die mooiste blare by ons voete lê. Dit is ‘n besonderse vers wat mooi ontwikkel. Ek sou egter oorweeg om die “maar” in beide gevalle (in die laaste sin) geheel weg te laat. Dit krap effe aan die ritme. Mooi vers.

SILWER
4 Uur op die snelweg
Dit is so ‘n pragtige gedig hierdie dat dit jammer is dat jy nie gehoor gegee het aan die klanknabootsing opdrag nie. “Snytjank van die jakkals” is vir seker nie onomatopees nie. Ek kan hierdie vers dus nie evalueer nie.

Winterwals 1
‘n Ongelooflike mooi gedig maar jy het nie gehoor gegee aan die tema opdrag nie. Ek kan jou vers dus nie evalueer nie.

Someraande
Dit is ‘n besonderse mooi en kragtige vers. Ek kan ongelukkig nie jou vers evalueer onder hierdie tema nie aangesien jy nie gebruik gemaak het van onomatopee nie. Die gebruik van die word “suisel” is pragtig, wat sag suis beteken, maar dit is nie klanknabootsing nie.

Verlange
Jou vers lees heerlik maar jy het nie van klanknabootsing gebruik gemaak nie. In die geval van die Piet-my-vrou, gebruik jy dit as ‘n eienaam en nie noodwendig as onomatopee nie. Ek kan jou vers dus nie evalueer onder hierdie tema opdrag nie.

Droomland
Dit is werklik ‘n besonderse mooi vers waar jy versigtig gekies het aan woorde om ‘n besonderse rympatroon te skep sonder dat dit geforseerd klink. Jy het ook die opdrag nagekom en ‘n lieflike, ritmiese vers aangebied. Welgedaan.

Doef-doef-trokkie
Heerlik, heerlik, heerlik. Pragtige inskrywing en baie geluk met ‘n mooi en geslaagde limiriek. Jy het ook die opdrag nagekom. Welgedaan.

GOUD

Blikaspaai
Dit is ‘n besonderse mooi vers, maar, jy het nie klanknabootsing onder die loep geneem nie. “geplof” en “gesuis” is klankbeskrywend maar nie klanknabootsing nie. Ek kan jou vers dus nie evalueer onder hierdie opdrag nie.

Kaap van storms
Dit is ‘n besonderse klank- en beeldryke vers. Die vers lees ritmies en heerlik. Jy het jou besonder goed gekwyt van jou taak deur keurig aandag te skenk aan klanknabootsing. Die vers eindig ook op ‘n crescendo, soos dit hoort. Welgedaan.

Ritmies in rooi
Alhoewel jy ‘n pragtige gedig gesskryf het maak jy gebruik van klankbeskrywing maar nie klanknabootssing nie. Ek kan jou gedig dus nie evalueer onder hierdie opdrag nie.

Net na dagbreek het ek jou vers gelees
Pragtige vers. Jy het wel die opdrag nagekom. Ek moet jou wys op die gebruik van “weerklank” in jou vers. Op die wyse wat jy dit gebruik het sou die alternatief eerder “weerklink” wees of as jy “weerklank” wil behou behoort die “en” vervang te word met “vind” of iets dergliks. Jou vers is egter besonders, ryk aan beelde en emosie, onderstroom deur die sintuiglike en lieflik ritmies. ‘n Baie mooi vers. Welgedaan.

Ek is –
Wat ‘n heerlike vers. EK het egter ‘n paar woordkeuse voorstelle:
1. Die brander wat met laagwater hoog wil “vlieg”? Waarom sou jy “vlieg” kies om ‘n brander se mosie te beskryf?
2. “jou warm lippe om myne kon vou” Ek dink “oor” sal beter beskrywend wees. Ek glo nie lippe kan om ander lippe vou nie. Miskien om ‘n suigstrooitjie maar nie om ‘n geliefde se lippe nie.
3. Jou laaste sin ontbreek ‘n koppelwoord soos “wat” of iets dergliks.
Jou vers lees heerlik en jy het jou mooi gekwyt van jou taak. Welgedaan.

GORRELS
Nog net een keer, ek daag jou uit
Heerlike mening wat die opdrag behoorlik behandel. Jou sinkonstruksie is verteerbaar, kort en beskrywend. Ek hou van die manier waarop jy skryf deur sonder om oorbeskrywend te raak, tog die leser innooi om jou gemoed te ontgin. Baie lekker hieraan gelees. Dankie.

As geluide my irriteer[sic]
Jy het die opdrag verstaan en dit mooi omskryf. Ek wil jou net daarop wys, dat, as jy dialoog in jou skrywe insluit is daar sekere reels wat nagekom moet word. Indien dialoog nie sluit nie (waar die spreker in die rede geval word) sal ‘n ellips […] gebruik word en nie ’n komma [,] nie. Indien die spreker klaar gepraat het sluit die sin met ‘n punt[.]. Ek verstaan die kondisie van misophonia ook beter nadat ek jou gorrel gelees het, en van iemand wat dalk dieselfde simptome ervaar, kan ek simpatiseer. Goed geskryf.

Die horrie-piep aanval
Jy het gehoor gegee aan die opdrag. Let op die wyse waarop jy dialoog gebruik. As jy dialoog in jou skrywe insluit is daar sekere reels wat nagekom moet word. Indien dialoog nie sluit nie (waar die spreker in die rede geval word) sal ‘n ellips […] gebruik word en nie’n komma [,] nie. Indien die spreker klaar gepraat het sluit die sin met ‘n punt[.]. Jou skrywe laat ‘n glimlag (jammer) op my gesig.

Wanneer die swaar verander in soet
Dit is ‘n intieme skrywe wat mooi gehoor gee aan die opdrag. Let op die gebruik van punktuasie wat op sommige plekke nie korrek aangewend is nie. Verder, ek wil jou aanmoedig om mooi Afrikaanse alternatiewe te soek vir woorde soos “chill”. Let ook op die lengte van jou sinne, wat, as dit te lank is, moeiliker lees as kort en bondige alternatiewe. Dankie vir jou deelname wat mooi omgegaan het met klanknabootsing.

RUBRIEKE
Ver weg van die stad se geraas
Heerlike rubriek wat lekker lees. Ek wil jou uitdaag om ‘n mooi Afrikaanse alternatief vir “road kill” te skep. Ek het baie lekker hieraan gelees. Jy het die opdrag mooi nagekom.

Musiek in my ore
Heerlik. Ek wil jou wys op ‘n paar dingetjies wat opvallend is in jou skryfstyl:
1. Herhaling van byvoorbeeld “Familieplaas”, “plaasgeluide” en “rustigheid” kan baie maklik vermy word deur funksionele sinonieme. Dit maak skryfwerk meer opwindend vir die leser as hy/sy variasie (wat die spesery van die lewe is) kan ervaar. Dit leer die skrywer en die leser om ons woordeskat te verbreed.
2. Tydsontwikkeling in ‘n skryfstuk is ook baie belangrik. Jou aanbieding spring van ry, tot laatmiddag tot aand sonder genoegsame ontwikkeling. Miskien lees ek té krities en is dit bloot semantiek, maar vir my as leser is dit nodig en belangrik.
3. ‘n Vuur “knetter’ en “kletter” nie.
Jou rubriek is nietemin smaaklik aangebied.

ARTIKELS
Geraas in die agtergrond
Kyk na:
1. Die akuut help met beklemtoning van sekere woorde en jy kon dit op sekere plekke geheel funksioneel gebruik het. Nl. “Maar té veel en té harde geluide…”; “’n té harde televisie of radio…” Hierdie akuut kan verkry word deur die ALT funksies op jou sleutelbord te gebruik [Alt+130]
2. Woordorde en -keuses in jou volgende sinne
a. “Aan die meeste van hierdie klanke is so gewoond dat mens dit net agtergrondgeraas geword het!“
b. “ Tensy jy bevoorreg genoeg is om op ʼn plaas gewoon,”
3. Lengte van jou sinne, nie deurgaans nie maar wel, kan aandag kry.
4. In hierdie geval sal “eweknieë” (die meervoud) eerder korrek wees.
Ek waardeer jou behoorlik nagevorsde artikel en die bronne wat aangeheg is. Dit is hoe ‘n artikel aangepak moet word. Jou aanbieding sal daarby baat indien jy direk verwys na iemand wat navorsing gedoen het, en / of hul mening. Dit maak die artikel selfs meer toeganklik en help die leser om nie noodwendig al die bronne self te gaan naslaan nie. Ek waardeer jou harde werk. Welgedaan.

VERHALE
Toe doughnuts nog lekker was
Ek het geglimlag toe ek jou titel lees en besef, “oliebolle” sou daalk nie so raakbeskrywend wees soos “doughnuts” nie. Die puriste sal natuurlik aandring maar in hierdie geval beval ek my op spreektaal. Die verhaal sal ‘n groot impak hê as jy dit so begin het: “Hierdie, mense, is nou ‘n ware verhaal.” Die krag van ‘n ruspose moet nooit onderskat word nie. Let asseblief op spelling, punktuasie en die gebruik van die dubbel-ontkenning (wat ‘n spelreël in Afrikaans is). Jy het die klanknabootsing opdrag uitgevoer en ek het, foute ten spyt, heerlik saam geglimlag.

Ouma en Blik Bettie
Let op woordorde in jou aanbieding. Die sin “Ek het my ma doodonskuldig vertel van die fliek…” leesmakliker as die orde wat jy gebruik het. Ek het heerlik hieraan gelees. Pragtige nostalgiese verhaal. Welgedaan.

Saartjie se loadshedding
Dit is ‘n lekker-lees verhaaltjie…anekdoties. Ek het lekker gelees en saam geglimlag.

Tannie Tokkie toeter en die lykswa
Ek het lekker saam gelag. Heerlike komiese verhaal. Welgedaan.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

  • morne du preez

    Dankie ink moderator vir jou insettinge en harde werk met al die evalueering. Hou altyd van om te lees die advies wat jy met ons almal deel. Soms vergeet mens van daai slaggate soos met bv die dubbel ontkenning maar ek sal waak hou in die toekoms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed