Jongste aktiwiteit:

Junie 2022 – Kommentaar en uitslae – Winterlandskap projek

Vergun my asb. om eers die volgende te sê: Dit is díé beste versameling gedigte wat ek nog ooit vir ‘n projek gekrit het. Hierdie maand het ek eerlikwaar gesukkel om wenners aan te wys. Die standaard is onoortroffe en ek is so trots op elke liewe een van julle. Dit was die lekkerste ervaring om hierdie keer deur julle werk te lees.
Welgedaan dapper woordsoldate!

Baie geluk aan hierdie 11 lede!!

Wenners
Goud
1ste – No 13 Andries Fourie met Verspeelde liefde
2de – No 7 Caren Kearley met Heilige katedraal
3de – No 5 Morné du Preez met Winterlied

Silwer
1ste – No 8 Amanda De Meillon met Liefde onbeskryflik groot
2de – No 6 Loretta Szikra met Skakerings van winter
3de – No 20 Elmarie Nienaber Van Kampen met Skoon

Brons
1ste -No 15 Elizabeth Martie Bezuidenhout met Hartklopdisselboom
2de – No 14 Elizabeth Martie Bezuidenhout met Wees van my
3de – No 2 Hester Steenkamp met Seisoene

Meningstuk
1ste – No 1 Marlene Erasmus met My seisoen: Winter
2de – No 2 Marlene Erasmus met Winter inferno
3de -GEEN

Rubrieke
GEEN

Artikels
1ste – No 1 Marlene Erasmus met Olipiesespele se beginjare
GEEN

Verhale
1ste -No 1 Riaan Palmer met ‘n Koue gebed
2de – No 2 Carmen Edwards (IronLady) met Plotseling
GEEN

KOMMENTAAR

GEDIGTE
BRONS
1. Vier seisoen winter
In ‘n besonderse kompakte manier het jy ‘n treffer geskryf. Die inhoud is sterk en die aanbieding is treffend.

2. Seisoene
Ek het eers gedink die vers is té lank en inligtingswaar, maar met wéér-lees en herbesinning moet ek toegee. Elke woord is nodig en elke sin is keurig ontwikkel. Jy vers is besonders “sensueel” en selfs ritmies meesleurend soos ‘n ballet. Welgedaan.

14. Wees van my wees
Die alliterasie en assonansie is treffend in jou vers. Die leser kan nie bloot lees nie, dit verg ‘n konsentrasie om die nuanse daarin te begryp. Welgedaan. Dit is treffermooi!

15. Hartklopdisselboom
En hou van die herhaling van die opdrag frase in jou vers. Dit versterk ‘n reeds treffende frase. Jy het ‘n uithaler vers geskryf. Jy het die móóiste beelde ingespan om die leser met ‘n genotvolle vers te bederf. Waarlik voortreflik.

21. Binnelandskap
Wat ‘n mooie, aards en eerlike vers. Die liefde daarin is tasbaar en die aanbieding is loflik. Eerlike verse uit die skrywer se hart beroer altyd my binneste wat so maklik afgestomp raak in hierdie sukkel-seisoen van ‘n aarde en haar mense wat so gedurig kleitrap, seer maak en waar reëls oorbodig geword het. Jou vers het my diep geraak. Mooi gedoen.

SILWER

3. Seisoengewys
Ek wonder of korter sinne nie ‘n beter ritme sou skep nie? Tog, vind ek genoegsame metrum selfs in die langer sinne.
Kyk na die laaste twee sinne ter voorbeeld:
“besef met ‘n ysige knal waar sneeuvlokkies veersag val
lewe is tot aan die einde- tot wanneer die kluite knal.”
“Sneeuvlokkies” sal maklik met nét “sneeu” vervang kan word om die ritme te help.
Verder, waak teen geykte gebruike soos “lewensbaan gegly”
In geheel is die vers keurig en sal die deursnit leser jou vers geniet. Mooi gedoen.

6. Skakerings van winter
Jy neem die leser saam op die “voetreis” oor die koue grond tot daar waar belofte in skeure lê en wag. Jou beelde is sterk en ek kan selfs die temperatuur aanvoel, so uitsonderlik het jy geskryf. Mensdom, soos die winterlandskap in jou vers asemrowend en beeldskoon is, só is jou vers vir my. Die eerste strofe skep ‘n menslike, huislike atmosfeer wat jou vers met eerlikheid beloon. Pragtig.

8. Liefde onbeskryflik groot
Dit is een van die mooiste verse wat die verhaal van Rachael de Beer vertel. Jy het my verstom. Elke woordkeuse, elke ritmetoon, die konstruksie en die algehele aanbieding is van ‘n meesterlike standaard. Jy rympatroon is so lieflik dit laat my tone krul. Onoortroffe!!

9. Geboorte van ‘n winterskind
Ek wonder of jy sal oorweeg om van die lang sinne te knip. Daar is baie spasie en potensiaal om die ritme só te help sonder om jou crux skade te doen. Die vers is keurig en beskik oor die potensiaal om selfs méér te skitter.

17. Seisoene van die lewe
Eerder “winterkaros” want die herhaling van die “s” pla die oor.
Jou vers is keurig maar die langer sinne steur die ritme effe.

18. Winterwoorde
Jou akrostigon is pragtig. Jy noem dit ‘n Akroniem, en dalk is jy so geleer, maar, ‘n Akroniem is iets soos WNNR, VIGS ens wat ‘n naam of plek is wat as ‘n nuwe woord in die spreuktaal gebruik word. Dink aan BMW, wat almal gebruik want niemand praat van “Bavarian Motor Works” nie. Briljant ontwikkel en beeldryke aanbieding. Welgedaan.

19. Winter
Sterk vers wat emosioneel treffend is. Geluk met jou geslaagde kragtoertjie.

20. Skoon
Dit is ‘n meesterlike kuns om ‘n grootste stelling in ‘n klein spasie te maak. Hier het jy die toon gestel. Welgedaan. Pragtige, sterk vers.

22. Fees van die verslaafde
Jy het ‘n aktuele onderwerp aangeroer wn jouself goed van jou taak gekwyt. Ek hou van jou vers. Welgedaan.

GOUD

4. Ons vergete liefdesmense
Ek is jammer om te sê maar dié vers het my effe verward gelaat. Ek weet dit is nie die skrywer se nering om die leser te voer met leiding tot interpretasie nie, maar dit bly tog belangrik om nie jou gehoor te verloor nie. Die sinne is ook lank en op plekke gestroop van ritme. Ek hoor graag van jou by inkmoderator@gmail.com

5. Winterlied
Keurige vers. Ek is effe teleurgesteld in die geforseerde rympatroon. Nietemin, die vers sluit baie sterk.

7. Heilige katedraal
Dit wil amper lyk asof jy ‘n pantoen aangepak het, maar dit kan nie wees nie want jy gebruik slegs 8 reëls. Werk die herhaling dus, soos jy dit gebruik het? Ek hou persoonlik daarvan. Dit is slegs reēl 6 wat vir my geen sin maak nie. Is die woordkeuse en -orde korrek?
Keurige vers.

10. Kakiebossade
Ek is teleurgesteld in dié Goue standaard.

11. Dagbreek mymeringe
Ek weet nie of hierdie gedig werk nie. Dit voel asof die skrywer geen ander idee as Bybelse brontekse het nie. Ek is nie deur die vers oortuig dat dit u beste werk is nie.

12. Wrede onthou
Verander “geruk” na “gehaal” en luister hoe mooi dit met “draal” rym. Ek dink die vers is onnodig swaar gelaai maar dit is persoonlike voorkeur. Die vers is egter geslaagd en voldoen aan die opdrag.

13. Verspeelde liefde
Dit is ‘n lieflike gedig met vars beelde. Baie goed geskryf. Welgedaan.

16. Op jou borskas
Keurig maar jy word gediskwalifiseer aangesien ‘n goue lid NIE spelfoute moet maak nie. VANNAAND?

GORRELS

1. My seisoen: Winter
Keurige skrywe. Welgedaan.

2. Winter inferno
Dankie dat jy dit met ons gedeel het.

RUBRIEKE
1. Winter in my gemoed
Alhoewel ek die inligting hierin waardeer is jou skrywe eerder ‘n artikel en nie ‘n rubriek nie.

ARTIKELS
1. Olimpiesespele se beginjare
Jou artikel is baie goed nagevors en die aanbieding daarvan is keurig. Baie dankie vir jou besonderse harde werk.

VERHALE
1. ‘n Koue gebed
Dit is ‘n mooi storie. Jy het goeie karakter ontwikkeling gedoen en dialoog mooi ingewerk in jou storie. Welgedaan.

2. Plotseling
Dit is ‘n oulike vonkverhaal. Mooi gedoen.

3. Winter van 1843
Ek is nie baie gelukkig met die verhaal nie. Dit is geensins oorspronklik nie.

Lees gerus die wen inskrywings hier: Projekwenners




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed