Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy blaas en blus my vlamme

Deur Meermin
Datum gepubliseer: 7 April 2016 Aantal woorde: 77 1135 Kere gelees 21

Is dit die landskap
van die strand in jou lyf
wat onder die streel
van my vingers verstyf

want met die goud-grof
van jou skitter sand
blus jy die vuur-vlam
van my passie-brand.

Neem jy my op reis
met perfek gekose woorde
lei my deur jou soutmansland
na groen wingerde en boorde

na daar waar ons kan hooggety
aan propvol druiwekorrels smul
en wanneer skemer dag met sy naglied groet
sal ons onder ‘n sterrekombers inmekaar opkrul.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Viooltjie

    7 April 2016

    Goed gedoen. Reel 11 en 12 is puik gestel☺

  2. Anze

    7 April 2016

    Jy het die mooiste woordbeelde hier geskets. Pragtig

  3. Arnold

    7 April 2016

    Jy verwoord die werklikheid van die liefdesspel baie goed uit.

  4. Anria

    7 April 2016

    Baie goed gedoen. Ek stem saam met jou ander 3 kommentare.

  5. Christo

    7 April 2016

    Uitstekende slot vir ‘n puik gedig.

  6. Meermin

    8 April 2016

    Dankie aan almal vir jul saamlees en terugvoer. Waardeer opreg. 🙂

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 21

‘Time held me green and dying though I sang in my chains like the sea.’ Dylan Thomas: Fern Hill. Ek is maar net 'n verlore siel wat orkaan in die lewe se oseaan.  ‘n Meermin in hoopvolle groei na digters-volwassenheid. Die verloop van tyd knaag van binne en al spreek my penne-vryheid luid soos die dreunende oseaan, bly dit gevange in kettings van sterflikheid. Indien pêrels uit my pen voortspruit, is omdat dit vir nou bedoel word. Nie vir later nie. © P.S.  Moet asseblief nie my werkies sonder my medewete (uit)deel nie. ~~ Oseaan-groete  ~~

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 134 gaste aanlyn

Bydraes – Argief