Jongste aktiwiteit:

Jy het my raak gesien

Jy het my raak gesien …

 

In my eie wêreld, tussen hoë mure gebou, lewe ek veilig om my vrede te behou.

 

Met swaard en spies het ek alles wat vreemd is uitgehou.

 

Jy kom dwaal voor in my tuin, ek was bang, hoe gaan ek jou hier weg kry?

 

Soos ’n rots het jy kom staan, jy was nie eens skaam nie.

 

Ek het gewoond geraak aan die gedagte en het my soldate stil laat staan …

 

Jy het my van iewers raak gesien, al was ek ook hoe bang, het jy weer die son hier tussen my donker mure opgehang.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed