Jongste aktiwiteit:

Kamp-flaters Woorde 449

Kamp-flaters

*

So delf ek terug na die lekker jong dae. Elke haantjie wil mos op sy eie mishoop kraai, want daar word ʼn jeugkamp gereël. ‘Tien haantjies’ glo dat hul ma of ouma hul die eksotiese-smul-lekker resepte van die lewe geleer het. Gedurende hierdie kamp wil hul mos agt avontuurlustige dames beïndruk met hul vernuftige kookkuns, want elkeen soek ʼn toekomstige lewensmaat.

 

‘Die leier is mos die leier’ word daar altyd geglo. Hoe kan jy as leek die leier se vaardigheid onderskat? Vreugde en opgewondenheid ken g’n perke toe die 1950 sewe ton Bedford al nader kom. Elke ou soek daardie geskikte plek op die harde bak en seil om die wind in toom te hou. Vyf ure later, ongeveer agt uur die aand, arriveer ons daar iewers in Witrivier se lowergroen valleie. Die drie spanne is klaar opgestel sonder enige iemand se insae. Ek en my meisie was in span een wat moes braai met slaai en brood as aandete.

 

Die sterrehemel het gedien as tent om onder te slaap. Niemand het geweet met wat Moeder Natuur na vore sou kom. Onwetend word ons geseën met fluweel-sag reën. Span twee wat die oggendstond se spys moes voorberei se geesdrif het getaan, alles was deurdrenk van laasnag se onvoorspelbare lafenis na gister se hitte golf.

Ek en my meisie kyk na dié haantjie … hoe hy natgereënde hout aan die brand gaan kry. Uiteindelik gebeur daar wonderwerke so uit die bloute, iemand het droë hout gevind.

Die hemelsfeer was gevul met vrolike lofprysing. Daar was net een kastrol om nie eens daaraan krediet te gee nie … groot genoeg om vir vyf mense kos gaar te maak.

Party staan met hande in die hare, ander probeer dink wat is die beste oplossing. Soos gesê; die outjie se ouma het hom die perfekte poetoepap resep geleer om in sulke nuwe ontdekkingsreise die beste te maak wanneer onmoontlike tye die opwagting maak. Sy maters moes maalvleis en tamatiesous maak met g’n tweede pot of blik vir hierdie slim uitgewerkte geleentheid. As ʼn mens doof raak vir raad, dan is daar g’n raad tot berisping. Ja, dit kan dalk hul ego krenk of dalk hul ouma s’n … slim vang mos altyd sy baas op die verkeerde voet.

 

Span een en drie se mae protesteer hier teen tienuur. Die smaakkliere kom ook nie tot bedaring … selfs die oggendkoffie ontbreek tydens hierdie katastrofiese oomblik. Ek bemerk die tinfoelie. Ja! Ouma se raad, ʼn jong boer maak plan al het hy g’n draad of tang. Eksoties was die maalvleis en tamatiesous uit tinfoelie se dubbele gevoude kom. Daardie ydeltuit se aanslag op die poetoepap … dit het nooit smaaklik geword in lou soutlose water…

*

©Arnold.

27 Nov. 2024 om 16h00

Woorde: 449




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed