Jongste aktiwiteit:

Kana Uchema

jy stuur vir my ‘n poskaart
met skryfsels uit jou hart,
geur dit met die winter
en bloeisels van jou smart

Jy sê: die Boland dra ‘n grys jas,
die akkerbome rus
maar storms woed vergeefs
langs Tafelbaai se kus

en ek roep jou naam –
in die rigting van die wind,
soek saam met jou na vrede
by die hemelpoort se punt

wanneer jy huil, lief –
pak jou weemoed in ‘n kis,
reis saam met my na plekke
waar hartseer net ‘n naambord is

©Erika Viljoen

(Kana Uchema – ‘n Shona uitdrukking wat beteken: Wanneer jy huil, voel ek jou pyn)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed