
Kantel Val
In die skewe moment
tussen struikel en val
is daar ń vryheid
van net ń oomblik
waar almal vlieg.
Alles is stil maar die
vel voel die lug,
neus trek diep,
oë soek ń plek,
mond smaak naar
en ore skree om balans.
Dan vlieg ons
vry van swaartekrag
ń sekonde vry
salig tot
die val.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.