
Karoo Winter
die karoo is klamkoud
weier om stof te maak
groot klippe trek ronde
swart koppe
klippies lê kuiken.
een vliegtuig trek ń streep
die skaap draad is kitaar
stram gesnaar
skape staan bondel styf
teen die wind.
vannag is vir harde
baard en jakkelskind
in die kobbel huise
brand warm
harte.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.