Jongste aktiwiteit:

KompetisiePendoring/INK kompetisie (SLEGS vir deelnemende lede)

Na die reuse sukses van die eerste Pendoring Digkompetisie, skop die tweede kompetisie op 6 Julie 2018 af! Pendoring Digters in samewerking met INK Skryf in Afrikaans bied hierdie kompetisie op ‘n heel nuwe manier aan!

WAT BEHELS DIE TWEEDE PENDORING DIGKOMPETISIE?
Waar daar tydens die eerste kompetisie baie klem op rigiede digvorme gelê was, gaan die tweede kompetisie meer fokus op jou as digter se eie skryfstyl en die ontwikkeling daarvan. Deelnemers sal hulle kennis rondom stylfigure en ‘n paar ander elemente van digkuns kan uitbrei. Die kompetisie sal oor ‘n tydperk van agt weke strek: 6 Julie – 24 Augustus 2018. Weeklikse opdragte sal op Vrydae op www.ink.org.za deurgegee word. Kriteria en vereistes sal saam met elke opdrag beskikbaar gestel word.

HOE SKRYF EK IN?
Die kompetisie sal op INK Skryf in Afrikaans se webwerf aangebied word. ‘n Inskrywingsfooi van R200 is betaalbaar voor of op 29 Junie 2018. Indien jy reeds ‘n aktiewe lid op INK is, sal jy slegs R100 inskrywingsfooi betaal. Stuur jou naam en van aan info@francoismeyer.co.za en dui aan of jy reeds ‘n aktiewe lid op INK is (of nie) om te registreer vir die kompetisie. Verdere instruksies in verband met registrasie en inskrywing sal dan volg. Nuwe lede sal op www.ink.org.za ‘n profiel moet registreer om te kan deelneem. Anzé Bezuidenhout kan by skryfafrikaans@ink.org.za gekontak word vir enige hulp met die opstel van jou profiel of navrae oor die aanbieding op INK Skryf in Afrikaans. Die kompetisie kan slegs 20 deelnemers akkommodeer. Die eerste 20 suksesvolle registrasies sal dus aanvaar word.

WATTER VOORDELE ONTVANG DIE DEELNEMERS?
Deelnemers wat suksesvol ingeskryf het vir die Tweede Pendoring Digkompetisie, sal ook vrye lidmaatskap op www.ink.org.za geniet tydens Julie en Augustus 2018. Deelnemers sal ook die geleentheid ontvang om vyf van hul kompetisiegedigte in die Pendoring Digters Volume 2 digbundel te publiseer. Elke deelnemer sal ook ‘n elektroniese sertifikaat ontvang.

WATTER PRYSE IS OP DIE SPEL?
Die top drie deelnemers sal hul pryse by die INK Skryf in Afrikaans se gala-aand in November 2018 ontvang, waar ons ook die Pendoring Digters Volume 2 digbundel bekend sal stel.
Die pryse is as volg:
1ste Plek: R1 000 kontant + geraamde sertifikaat
2de Plek: 12 Maande lidmaatskap op INK + geraamde sertifikaat
3de Plek: 6 Maande lidmaatskap op INK + geraamde sertifikaat

HOE VERSKIL HIERDIE KOMPETISIE VAN DIE VORIGE EEN?
Punte volgens kriteria sal nie weekliks bekendgemaak word nie. Die finale punte sal aan die einde van die kompetisie bekendgemaak word. Die top drie se punte sal nie bekendgemaak word nie, omrede hierdie drie wenners eers by die gala-aand in November aangekondig sal word. Die kompetisie strek oor twee maande en nie weer oor vier maande nie. Daar sal geen uitval rondtes wees nie. Al 20 deelnemers sal die geleentheid hê om die kompetisie te voltooi. Minder rigiede digvorme beteken meer kreatiewe vryheid; dus sal vrye vers liefhebbers aanklank by hierdie kompetisie vind. Daar sal tydens hierdie kompetisie drie beoordelaars wees en elke weeklikse opdrag se kriteria sal as volg beoordeel word:
Taal & Spel = 2 punte
Inhoud en algehele indruk = 4 punte
Aanwending van stylfigure en ander vereistes volgens opdrag = 4 punte
Dit kom neer op 10 punte per opdrag en 80 punte per deelnemer om tydens die kompetisie bymekaar te skraap.

WIE MAG DEELNEEM?
Enigeen wat ‘n liefde vir Afrikaans het, van ‘n uitdaging hou en digkuns geniet!

VERDERE KOMPETISIEREËLS
Elke week se opdrag sal op ‘n Vrydag gegee word en deelnemers moet voor of op die volgende Vrydag om 20:00 hul inskrywings vir die week op www.ink.org.za plaas. Maak seker dat jy jou gedig onder die “Pendoring”-kategorie plaas. Instruksies rondom byskrifte langs jou titel sal in elke opdrag gegee word. Deelnemers het dus 7 dae kans om elke opdrag te voltooi. Laat inskrywings sal 1 punt per dag verloor. GEEN veranderinge mag aan jou inskrywing gemaak word sodra dit geplaas is nie, dit sal daartoe lei dat jy vir die betrokke opdrag 0 sal kry.

Slegs EEN inskrywing per opdrag per deelnemer sal toegelaat word. Riglyne en kriteria sal saam met elke opdrag gegee word.

Deelnemers mag nie hul inskrywings wysig ná plasing nie. Maak dus seker dat jou weeklikse inskrywing aan elke opdrag se vereistes voldoen VOOR plasing. Indien jou gedig gewysig is na plasing, sal beoordelaars steeds volgens die oorspronklike plasing se inhoud beoordeel.

Wanneer jy kommentaar op ‘n mededeelnemer se gedigte lewer, hou dit asseblief opbouend. INK en Pendoring beoog om ‘n platform te skep waar liefde en respek tussen kunstenaars seëvier. Geen regstellende kommentaar mag gelewer word nie.

PLAGIAAT sal veroorsaak dat jy uit die kompetisie gediskwalifiseer word. Gebruik jou eie, unieke woordkeuses en beelde in jou inskrywings.

Jy gaan heel moontlik ‘n bietjie navorsing moet doen oor stylfigure wat tydens die kompetisie van jou verwag sal word. Doen die moeite, leer iets nuut en skryf ‘n hond uit ‘n bos!

Onder groen tentakels van ‘n wilgerboom het jy jou lyf styf teen my aangevly jou mond het my liefkosend verlei en smagtend meegevoer op ‘n droom; my weerstand het skaamteloos begin skroom soos jy my hart oor die afgrond lei wyl jou lippe sag oor my naaktheid gly het begeerte my beheersing deurstroom maar skokkend […]

Nimfoleptiese digvorm Die Nimfoleptiese digvorm het in die digtershart ontstaan. Spesifiek in die geskiedkundige dorpie Wellington in ongeveer 2014. Die dorp is ryk aan skrywers uit alle era’s en almal met uiteenlopende agtergronde. Tussen Breyten en Adam se stemme moet die digter dink en skryf oor iets wat sy muse aanhits. Caren Kearley het hierdie […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed