Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Algemeen/Gorrel

Die Boland rus in onskuld

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2016 11

Die Boland lê en sluimer
In hierdie skoonste môre-uur
En geen een kan dit beskryf in woord of taal.

Bo hoë en verre pieke
Ontvlam die dag in amber vuur –
Lig gebore om ten hemele te straal.
Alles wat nog donker was
Nestel koud (dog in goud…

In die skadu van die berge

Deur Datum gepubliseer: 2 Junie 2016 20

In die skemer van die berge
doringboom aan elke kant –
sit alleen die tenger vroutjie
op die grens van niemandsland

Wiegend neurie sonder woorde
want haar siel is weggevat –
môre kom die nare drome
op haar skewe kronkelpad

Maar sy luister na geluide
uit die Skepper se natuur –
wink kromvinger na die naguil
wat haar woordeloos aangluur

Sal…

Maan

Deur Datum gepubliseer: 1 Junie 2016 20

Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 301 gaste aanlyn

Bydraes – Argief