Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

stryd

Deur Datum gepubliseer: 2 Desember 2022 2

stap ek op die reguit pad
dan swaai my kop steeds
heen en weer in die wind
winde van veranderinge
wat my gedagtes wil aflei

my voete vind die reguit pad
my gedagtes dwaal nog weg
pyn en seerkry in flitsende lig
bedwelm van medisyne-pille
dwaal my gedagtes aweregs

my lewe wil by regverdig bly
my gedagtes wil onreg haat
ingewortelde…

aanname

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2022 1

aanname

steek dit weg
of aan die brand

geweef met jou stem
in die skud van jou hand

beseël my begrip
van jou beskrywings

onbetroubaar
en gedeeltelik

©VonVillon

glaskas (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2022 3

die glaskas wat jy
om my gekonstrutureer het
met jou liefdelose
hamer en woordbeitel

sal op ‘n dag versplinter en
weerloos om my voete kom lê
ek sal my verlustig aan die
knirs-knars
soos ek kaalvoet daardeur wegloop
‘wyl jý swetsend op weerwraak hoop

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 241 gaste aanlyn

Bydraes – Argief