Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Gedigte

ek droom… (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2022 3

madeliefie in die hand
en wonder of die liefde my
ooit weer sal besoek
min-hy-my-vergeet-hy-my
het hy ooit geweet van my?

blommebal

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2022 1

blommebal

blarebal
sagte blommebol
uitgerafelde wol
opgerol
pryk op groen stingeltroon
waar almal saam alleen
en alleen saam almal
woon

©VonVillon

onveranderd

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2022 1

onveranderd

ek verdrink in die idee van jou
as ek stilstaan
word ek agtergelaat
ek word teruggehou

jy is op soek na wat met rooidag
weer verlore gaan
sit wanneer jy raad vra
dit vereis jou volle aandag

jy is die een wat agterbly
waarheid onveranderd:
as jy waarlik jouself kon help
sou jy

©VonVillon

As jy kon, sou jy.
Mense lieg eerder oor…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 250 gaste aanlyn

Bydraes – Argief