Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Algemeen

Omskietliefde

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2022 3

Ek toe ek jou net sien
by tussenposes van vier vlae
moes ons steeds maskers dra
sou net diep in jou oë kyk
want daar was ‘n stadige verbygaan van tyd
maar ‘n rukwind het plotseling
soos die pekelsondes van ons liefde
verander van rigting.

Silwer

Kombi

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2022 1

in stad bloedvate
vloei kombi strome
rooi wit en tussen in
nou gerandsteen

werkers styf ingeblik
skree oor en weer
staar doodstil na selfoon
op die saam ry rit

skielik skree remskywe
sitvlakke skuif reg
koue stadslug spoel
oor interne muf

haastige donkerbril baas
trap die koppelaar
sit die besigheid
weer in rat

Plooi Oë

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2022 4

in fronse getooi
oë in skermligte
staar na grafieke
binne skerms omlynde kantore

in rimpels getooi
oë in halfdonkerte
staar na buite
binne gordyn omlynde sorgbede

in plooie getooi
oë in refleksie
staar na binne paaie
geskilder oor jare

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 235 gaste aanlyn

Bydraes – Argief