Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Algemeen

‘n Ode aan my Pa van ‘n Pa

Deur Datum gepubliseer: 30 Augustus 2021 3

‘n Ode aan ‘n Pa van ‘n Pa

Ek is trots om te kan sê ek is my pa se seun.
Op sy onvoorwaardelike liefde kon ek altyd op steun.
My ou Toppie se liefde en trots was soos sy hart, eg en reg.
Seer is dit diep in my hart, ek kan…

Die Kind … Is Dood

Deur Datum gepubliseer: 25 Augustus 2021 4

Die vroeë oggend se windjie waai koel oor my moeë liggaam. Die nag was lank, warm en sweet het my keer op keer na buite gedryf, opsoek na lafenis.

Die kind, sy het geglo als is mooi, almal is mooi, lelik het nie bestaan in haar lewe nie. Heellaas, ek…

Spoed

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2021 5

wind druk
voorarm hare terug
afdraand teen berg rand
stylte sonder ent
laat fiets skiet
oor rots

beheer verlore
remme onvanpas
brand deur velling
gewig druk voorentoe
wit vingers
klou

berge staan
vir ewig stil styl
geen vinnige momente
dan in sekondes
die sieklike
tranedal

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 92 gaste aanlyn

Bydraes – Argief