Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Verwys na kategorie

Liefde

Huisbesoek

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2022 14

‘n Monument aan die Liefde.
Geskryf deur: Fanus Strydom
Woordetal: 3 903

Die wewenaarseisoen van dominee Frederik Postumus Van Graan, was van korte duur. Onverwags. Skaars gemaklik met die dra van swart, op Sondae was van die ouer dames in die gemeente, of dinge verander. Onverhoeds. Én, te midde van ‘n…

Net in droomland

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2022 17

Net in droomland

Wanneer die son sy vere duvet oor sy kop trek
en die maan soos ‘n silver lugballon lui-lui
teen asemrowende indigo verby beweeg
Wanneer neonligte verdoof en duisend
spikkels blink in die hemelruim spog
Wanneer die paddakoor lostrek
deur kriek se vlerk viool begelei
raak jou ooglede swaar en…

Stilspeletjie

Deur Datum gepubliseer: 13 Februarie 2022 13

Liefde is ‘n enigma
‘n raaisel
nie-verbaal
ek het jou lief
praat hoorbaar
in stil gebaretaal

mag wat ek voel vir jou
so tasbaar werklik wees
dat jy dit nooit
aan woord en klank
sal meet
maar my mond
se hakkelwoorde
stil sal maak
met ‘n seker
“sjuut…ek wéét”

©️ Elize Kruger
12 Februarie 2022

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 116 gaste aanlyn

Bydraes – Argief