Oggend na die reën
Die huis is gevul met die koffie reuk dit hang soos die see aroma in die lug terwyl die son sy kop oor die rantjie steek en die donkerte van die strale weg vlug. Met ‘n beker boeretroos in die hand sien ek die aarde is blinknuut gewas modderpoele neem beheer van die sand […]
DIE PREFEK VERTEL
STERGRADERING: BRONS WOORDETAL: 1280 DIE PREFEK VERTEL Ek is ’n ou moutortjie. My naam is Prefek, so blouetjie, kraaknuut en spoggerige 1960 model met net twee deure aan my vel, een vir pa en een vir ma. Ek was almal se liefing, deel van my gesin, hul plaas-toe-gaan moutortjie gedurende skoolvakansies. Dan het […]
DIE OU IN DIE SPIEËL
STERGRADERING: BRONS WOORDETAL: 878 DIE OU IN DIE SPIEËL Ek lê op die bed, besig om te herstel na ’n traumatiese hartomleidingsoperasie. My sig het aansienlik verswak, maar volgens die spesialis is dit net tydelik van aard. My gehoor is ook ernstig aangetas, alhoewel ek reeds aan gehoorverlies gely het voor die operasie.Telkens […]
Oor nuwighede en goeters (silwer)
Toe oujaarsnag ‘n natnuut nuwejaarsmôre word die son sy goue strale vonkelnuut oor die swartkliprantjies stort het ek nog grootoogwakker oor jou en my gedroom verwonderd in die lankverlore hartsgevoel se saligheid geloom my gemoed was tot oorlopens vol soos die weduwee se kruik vroegoggend het nog heerlik vars na laatnagreën geruik kraaknuut kom klop […]
Paradoks (silwer)
Laasjaar se kraaknuwe sellofaan lê nou verfrommel en verstrooi waar ashoopkinders gretig krap vir iets eetbaar of ietsie mooi ‘n bietjie blink of dalk die laaste soet uit ‘n kondensmelkblik om te vergoed vir die verdriet van ma en pa se oukrismis van bitter bier en tik die nuwe jaar breek vonkelnuut met vuurwerk en […]
Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
die wildevy (silwer)
die wildevy die wildevy sing droewig psalms as woedende winde uit wolke waai en hy wieg heen en weer, buig en skeur as wind sy takke teen die stam af draai die aanslag is intens en wreed maar die wind hou aan met snoei en ek hou my asem op toe ek sien hoe die […]
Lente
Lente Sy spoel winter se rou uit haar oë se blou in die helderskoon van die môredou grimmeer haar wimpers op die horison glimlag in die spieël van die oggendson strooi vars konfettibloeisels oor boom en blom wat naak in haar teenwoordigheid kom spore groen oor grasvlaktes se drome voëls besing haar koms in die […]
Sinestesie
Sinestesie* Ek sit op die stoep van my lewe en voel hoe die dag na stilte roep wyl skaduwees soos reuse word ek hoor hoe die strykstok van die son sy laaste note bladlees in die balk van die seisoene ek sien hoe die son skemer dirigeer tot v-ê-r … v-ê-r … oor die horison […]
NUWEJAARSBELOFTES
NUWEJAARSBELOFTES geskryf deur Fanus Strydom terwyl klappers kompeteer met knetterende braaivleisvure en vuurwerkpyle vlietend oorhoofs slinger borrel haastiggemaakte besluite en kraaknuwe beloftes net betyds soos gister se jaar helaas weer vonkelnuut dog ondeurdag en ydelwaar by mense en bottels se oorgulsig oopgebreekte bekke uit terwyl ek iewers tussen sterre en middernag se donker dronk met […]